Listen

Description

Welkom by die midweek bidstop - 'n geleentheid waar ons vir 'n paar minute kan stil word voor die Here en begelei word om bewus te raak van sy teenwoordigheid, te luister na sy Woord, dit te oordink en tot God Drie-enig te bid. God Drie-enig nooi jou in hierdie oomblik om by Hom te kom sit, om by Hom tot rus te kom.

Hy deurgrond ons harte en gedagtes, niks is vir Hom versteek nie. Hy weet alles van jou, jou diepste emosies en worstelinge, jou vreugde en geluk – en Hy nooi jou, net soos jy is, om in sy arms van liefde te kom sit en net te wees.

-----------------------------------------------------

Ons lees vandag Matteus 7:15-20