Listen

Description

Welkom by die midweek bidstop - 'n geleentheid waar ons vir 'n paar minute kan stil word voor die Here en begelei word om bewus te raak van sy teenwoordigheid, te luister na sy Woord, dit te oordink en tot God Drie-enig te bid. Jy word genooi om by God Drie-enig te kom sit, om by Hom tot rus te kom.

Waar jy ook al is – in jou binnekamer of in die kar op pad werk toe – is die Here ook. Neem hierdie tyd om stil te word en te weet – God Drie-enig ontvang jou, net soos jy is, in sy liefde en genade.

-----------------------------------------------------

Ons lees vandag Psalm 1

Mag jy God ontmoet, daar waar jy is.