Welkom by die midweek bidstop - 'n geleentheid waar ons vir 'n paar minute kan stil word voor die Here en begelei word om bewus te raak van sy teenwoordigheid, te luister na sy Woord, dit te oordink en tot God Drie-enig te bid.
Die jaar kom na sy einde toe en jy voel dalk moeg, uitgeput en leeg getap. Jesus nooi jou om weer te kom herlaai by sy voete – om bewus te word van sy hier wees. Nou, in hierdie oomblik, kan jy kom soos jy is en net wees.
-----------------------------------------------------
Ons lees vandag uit Johannes 1