Welkom by die midweek bidstop - 'n geleentheid waar ons vir 'n paar minute kan stil word voor die Here en begelei word om bewus te raak van sy teenwoordigheid, te luister na sy Woord, dit te oordink en tot God Drie-enig te bid.
Hierdie jaar voel dalk vir jou soos die laaste gedeelte van ’n maraton: die wedloop is amper klaar, jy kan voel jy is moeg en die eindstreep is naby, maar daar moet nog gehardloop word. Wanneer ons moeg is en die eindstreep voel nog vêr, kan ons vir ’n oomblik kom stil word voor die Here. Neem hierdie tyd om asem te skep, bene te rek en te weet – God ontmoet jou daar waar jy is.
-----------------------------------------------------
Ons lees vandag uit Psalm 100