Listen

Description

Welkom by die midweek bidstop - 'n geleentheid waar ons uitgenooi word om vir ’n oomblik in stilte voor die Here te wees en begelei word om bewus te raak van sy teenwoordigheid, te luister na sy Woord, dit te oordink en tot God Drie-enig te bid.

Dis kort na Kersfees en ons kan onsself opnuut herinner aan die verhaal van Jesus se geboorte. Die nag wat Hy gebore is, die krip waarin Hy neergelê is, die wyse manne en herders wat die Koning kom besoek het. Jesus het aarde toe gekom, omdat Hy jou onvoorwaardelik lief het. Neem ’n oomblik en herinner jouself aan die LIEFDE wat ons in Jesus koester.