Baie welkom by hierdie week se Midweek Bidstop – ’n geleentheid waar ons kies om doelbewus tot rus te kom by Jesus se voete, te fokus op Sy Woord, dit te oordink en God Drie-enig te eer. Ons gaan die volgende paar weke na verhale in die Bybel luister wat getuig oor die Hoop wat ons as gelowiges koester – veral in tye wat dit voel asof hoop totaal en al afwesig is.
Hierdie week begin ons in Genesis 15, die bekende verhaal van God wat hoop bring vir ’n kinderlose Abraham. Kom ons word stil en fokus op God wat ons uitnooi om nou naby aan Hom te wees.