Baie welkom by hierdie week se Midweek Bidstop – ’n geleentheid waar ons kies om doelbewus tot rus te kom by Jesus se voete, te fokus op Sy Woord, dit te oordink en God Drie-enig te eer. Die graf is leeg! Die dood is oorwin. Ons gaan die volgende paar geleenthede rus by hierdie realiteit van die opgestane Jesus - vandag, vanuit Johannes 20.
Mag jy in hierdie oomblik tot rus kom by Hom en sy vrede ervaar.