Baie welkom by hierdie week se Midweek Bidstop – ’n geleentheid waar ons kies om doelbewus tot rus te kom by Jesus se voete, te fokus op Sy Woord, dit te oordink en God Drie-enig te eer. Ons reis die volgende paar weke deur die briewe aan die 7 gemeentes van Openbaring en vandag gaan ons onsself instel om hierdie boek, wat dikwels verkeerd verstaan word, te hoor en God se stem daarin te vind. Ek nooi jou daarom om nou om daar waar jy is, net soos jy is, God Drie-enig in sy liefde en genade te ontmoet.