Welkom terug by hierdie week se Midweek Bidstop – ’n geleentheid waar ons kies om doelbewus tot rus te kom by Jesus se voete, te fokus op Sy Woord, dit te oordink en God Drie-enig te eer. As deel van ons reeks oor die briewe aan die sewe gemeentes van Openbaring, staan ons vandag stil by die brief aan die gemeente van Pergamum. Neem hierdie geleentheid om stil te word voor die Here – dit is HY wat jou nou nooi om in sy teenwoordigheid te sit en met Hom te gesels.