Listen

Description

Welkom terug by hierdie week se Midweek Bidstop – ’n geleentheid waar ons kies om doelbewus tot rus te kom by Jesus se voete, te fokus op Sy Woord, dit te oordink en God Drie-enig te eer. As deel van ons reeks oor die briewe aan die sewe gemeentes van Openbaring, staan ons vandag stil by die brief aan die gemeente van Sardis. Wees stil en weet dat Jesus nou, in hierdie oomblik, teenwoordig is.