Welkom terug by hierdie week se Midweek Bidstop – ’n geleentheid waar ons kies om doelbewus tot rus te kom by Jesus se voete, te fokus op Sy Woord, dit te oordink en God Drie-enig te eer. As deel van ons reeks oor die briewe aan die sewe gemeentes van Openbaring, staan ons vandag stil by die brief aan die laaste gemeente van Laodisea.
Raak vir ’n oomblik stil en weet dat jy, daar waar jy is, soos wat jy is, met vrymoedigheid na Jesus toe kan kom.