Welkom terug by hierdie week se Midweek Bidstop – ’n geleentheid waar ons kies om doelbewus tot rus te kom by Jesus se voete, te fokus op Sy Woord, dit te oordink en God Drie-enig te eer. Ons oordink vandag ons vyfde tema in ons 40 Dae reeks – die geloofsgewoonte om God te ontmoet. Ons teks is Genesis 28:11-22 wat handel oor Jakob se droom by Bet-al
Soos altyd, word jy uitgenooi om vir God te ontmoet in hierdie oomblik. Raak vir ’n oomblik stil en weet dat God Drie-enig hier teenwoordig is en jou ontvang in sy liefde en genade.