Listen

Description

Welkom by Ankers, 

die Podcast platform van NG Bonaeropark. Ons is 'n gemeente in die Kemptonpark area en ons is op reis saam met die Gees en mekaar. Ons deel in mekaar se hartseer en vreugdes en ons probeer om dis vir ons belangrik om mekaar te bly hoor.  

Ons glo God het ons geroep om 'n Hawe te wees waar Hy mense in liefde ,Inbring, Versorg, Toerus en Uitstuur. 

Ons sien in Hebreërs 6:19 waar daar gepraat word oor die Hoop in Jesus wat vir ons 'n anker is. Daarom hierdie Podcast se titel, Ankers. Ons voer hier gesprekke oor Jesus, die Bybel, Geloof, Genade en hoe ons lewens God eer.

Ons hoop jy vind aanklank by die temas en vind 'n plek om rustig te wees en tyd in jou dag om saam met ons te reis.

Ons skop met Reeks 1 af deur Paulus se tronkbriewe saam te lees. Hierdie briewe is Efesiërs, Filippense, Kollosense en Filemon. Hy was waarskynlik in Seserea of Rome toe hy dit geskryf het. Die meeste navorsers dink hy het waarskynlik uit Rome geskryf. Eerste is Efesiërs. Die brief was waarskynlik 'n soort van omsendbrief wat aan meer as een groep gelowiges in Efese geskryf is. Die datering is ook nie seker nie. Sommiges reken dit as vroeg tagtig en ander vroeg sestig, wat aan die einde van sy lewe was.