2022 was ʼn jaar waaroor Ekonomie proffies nog baie gaan praat. Daar was geo-politieke onsekerheid, omgewingsrampe en beurtkrag. Inflasie en rentekoerse het die hoogte in geskiet en op ʼn manier het die ekonomie tog bietjie gegroei en werk geskep.
Bedankings
Dankie vir die finansiële ondersteuning van die NWU sakeskool en Jan van Romburg wat in die projek geglo het. Dankie ook vir intekening-ondersteuning van die Buro vir Ekonomiese Ondersoek en spesifiek vir Helanya Fourie.
Die Minuut word ook uitgesaai en ek is bly dit word so gebruik. Dankie aan Hannes Snyman by Radio Orania, Johann Pretorius by Agri Newsnet en Nadine Watkins by Bizscoops.
Dit lei ook tot ander onderhoude. Dankie aan Olebogeng Motse by OFM, James Kemp by Pretoria FM, al die studente journo’s by Voice of Wits, en Suzanne Paxton by RSG.
Die Minuut was ook ʼn wipplank na ander gehore en dit is lekker om gereeld met hulle te gesels. Dankie aan Leonard Haasbroek en Hemari Bonthuis by die PPS Academy en Ernest Aylward by Ramkat Radio.
Deur die Minuut het ek kans gekry om opiniestukke te skryf vir Maroela Media. Dankie Monica Mynhardt.
En dan is ek dankbaar vir almal wat die Minuut like en share. Dit is ʼn familie-en-vriende poging, maar daar is ook getroue ondersteuners soos Philip Snyman op LinkedIn en Johnny van der Merwe op Facebook.