Listen

Description

Hierdie week is die Rand Aksepbank en die Buro vir Ekonomiese Ondersoek se Sakevertroue-indeks, en FNB en die Buro se Verbruikersvertroue indeks vir die derde kwartaal bekend gemaak. Baie ontleders het gehoop vir bietjie positiewe nuus uit Julie en Augustusmaand na die inkrimpring van die ekonomie in die tweede kwartaal tot einde Junie. Daar is ongelukkig nie ʼn klinkklare positiewe boodskap nie.

* Die Ekonomie Minuut word ondersteun deur die NWU Sakeskool.