Die Minister lewer Woensdag die Begrotingsrede en in die vorige episode het ek geargumenteer dat die belangrikste ding wat hy kan doen is om beleggersvertroue te ondersteun om so investering en ekonomiese groei te verhoog. ʼn Deel daarvan gaan oor waarop hy die staat se geld, wat eintlik die belastingbetaler se geld is, bestee. So hoe lyk die verwagtinge?
Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek.