Listen

Description

Werkers, besighede, en self lande verskil in produktiwiteit. Ekonome het tradisioneel gesê dat produktiwiteit hang af van onderwys en opleiding wat die arbeidsinset verbeter, of van navorsing en ontwikkeling wat die kapitaal-inset verbeter. Binne ʼn onderneming het bestuurders se besluite oor aanstellings, bevorderings, en bonusse ook ʼn invloed op produktiwiteit. Nuwe navorsing wys dat bestuurders se vermoeë om die regte persoon in die regte werk te kry ook belangrik is.

* Die Ekonomie Minuut word ondersteun deur die NWU Sakeskool.