Listen

Description

Die afgelope week het die SABC aangevoer dat TV lisensies vervang moet word deur ʼn heffing op alle huishoudings om te betaal vir die openbare uitsaaiwese. Die Gauteng provinsiale owerheid het gesê dit is nie reg dat die provinsie se inwoners e-tol moet betaal vir hulle snelweë nie. In albei gevalle is die saak uitgemaak dat die tv en radio-uitsendings en die snelweë sogenaamde openbare goedere is, maar is dit die geval?