Ek was die afgelope week in die Oos-Kaap Karoo en het die geleentheid gehad om die lede van die Nooitgedacht boerevereniging toe te spreek oor die makro-ekonomie en wat pandemie, pryse, koste en beleide alles inhou vir die boerdery bedryf. Die interessante aspek is egter wat die boere alles op die hart het.