Listen

Description

Een stel syfers wat verlede week nie eintlik die nuus gehaal het nie was Statistieke Suid-Afrika se verslag oor die voedsel- en dranksektor. Koffiewinkels, restourante, kitskosverkopers en spysenieringsbedryf is die aflope 10 maande swaar getref deur die inperking, kapasiteitsbeperkings en die aanklokreel. Baie mense was versigtig om uit te eet en het eerder by die huis gebly, en dit alles wys in die syfers. En dan is daar dalk nuwe moeilikheid net om die draai...