Ons weet dat die ekonomie ingekrimp het in 2020, maar die groot vraag was, met hoeveel? Die vierde kwartaal se BBP syfer is gister bekend gemaak en ons weet nou hoe groot die skade van die pandemie en inperking was.
Die syfer wat jou sal laat skrik is dat BBP per capita nou op dieselfde vlak is as in 2005.