Listen

Description

Gistermiddag het President Ramaphosa die regering se ekonomiese heropbou en herstel plan aan die Parlement voorgelê. Daar is gepraat oor hoe dit die ekonomie op ʼn nuwe groeipad moet sit, maar gelukkig is groot dele van die plan belangrike stappe wat al lankal in die pyplyn is – dit sluit in infrastruktuur ontwikkeling, elektrisiteitvoorsiening en die versterking van die produktiewe basis van die ekonomie om de-industrialisering teen te werk. Die spesifieke fokus van die plan is werkskepping.