Die Internasionale Monetêre Fonds het gister gewaarsku dat die vooruitsigte vir die wêreld-ekonomie slegter lyk. Hulle voorspel ekonomiese groei van 2,7% met ʼn 25% kans dat die wêreld-ekonomie minder as 2% kan groei. Hulle hoof-ekonoom waarsku dat 2023 vir baie mense soos ʼn resessie gaan voel en dat die kanse vir ʼn fout deur beleidmakers groot is.
* Die Ekonomie Minuut word ondersteun deur die NWU Sakeskool.