Statistieke Suid-Afrika het gister Juniemaand se produsenteprys inflasiekoers bekend gemaak en dit het gestyg vanaf 14,7% in Meimaand tot 16,2%. ʼn Deel van hierdie vorige maande se produsenteprysinflasie gaan nog deurgegee word aan verbruikers. Die Reserwebank het ook ʼn aantal faktore geidentifiseer wat inflasie kan verhoog. Die gevolg van dit alles is dat verbruikersprysinflasie waarskynlik nog gaan styg voor dit begin daal. Maar daar is ʼn bietjie hoop in ʼn daling van die brandstofprys en effens sterker rand.
* Die Ekonomie Minuut word ondersteun deur die NWU Sakeskool.