Listen

Description

As jy die laaste paar dae die ekonomiese nuus gekyk het, wonder jy dalk ook wat aangaan met die Rand. Die Rand het verlede week met 3,6% versterk teen die Dollar. Dit is ʼn 14% verbetering vanaf die laagste vlak van R19,43 teen die dollar op 6 April. Ongelukkig het dit nie veel te doen met die vooruitsigte vir die Suid-Afrikaanse ekonomie nie, maar wel met ʼn swakker dollar.