Aan die begin van Maart was ʼn goep ekonome se konsensus voorspelling van die rand-dollar wisselkoers R15,58 teen die dollar. In April was dit R15,25. Verlede week het dit verhandel teen R14,04. Ek moet darem byvoeg dat daardie voorspelling is vir die gemiddelde wisselkoers oor die vierde kwartaal van die jaar. Die ekonome verwag dus dat die rand gaan verswak, maar nie meer soveel soos wat hulle vroeer gedink het nie. So wat kan alles die waarde van die rand in die volgende ses maande beinvloed?