Ons Suid-Afrikaanse geldeenheid, die Rand, het Sondag sy, of haar, 60ste verjaarsdag gevier en daar was ʼn klomp interessante berigte en gesprekke hieroor. Die waarde van ons geldeenheid is vir ons almal belangrik. As voedselprysinflasie styg het jou rande minder koopkrag en die wisselkoers beinvloed die koste van ingevoerde produkte.