Listen

Description

Die Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee het gister die grootste enkele repokoers verhoging sedert September 2002 aangekondig toe hulle die beleidskoers met 75 basispunte verhoog het tot 5,5%. In die media gee ekonome mooi verduidelikings oor hoekom dit belangrik is om hoë inflasie te beveg met hoë rentekoerse, maar op Twitter is mense teleurgesteld en kwaad. Ons verduidelik nie so goed soos wat ons dink nie, maar ek wil nog ʼn keer probeer.

* Die Ekonomie Minuut word ondersteun deur die NWU Sakeskool.