Vrydag maak die kredietgraderingsagentskappe S&P en Moody’s verslae oor Suid-Afrika bekend. Dit is die eerste verslae sedert die regering se ekonomiese heropbou en herstelplan bekend gemaak is en die Minister van Finansies die medium-termyn begrotingsraamwerk voorgelê het. Die kredietgradeerders is bekommerd oor die stadig groei van die ekonomie en agteruitgang van die staatsfinansies. Jy wonder dalk, hoekom is dit belangrik as ons klaar op rommelstatus is?