Tien jaar gelede het The Economist tydskrif ʼn spesiale verslag gehad oor die toekoms van werk. Dit het onder andere voorspel wat die waarskynlikheid is dat spesifieke werke deur robotte en kunsmatige intelligensie vervang sou word binne twee dekades. Mens kon maklik glo dat telebemarkers is in die moeilikheid, maar boekhouers en ouditeurs? Toe kom ChatGPT en skielik lyk die lys van werke wat bedreig word baie langer.
Hierdie episode word ondersteun deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Stellenbosch en die NWU Sakeskool.
Foute en weglatings is my eie.