Listen

Description

President Ramaphosa lê more middag die kabinet se ekonomiese herstelplan aan die Parlement voor. Die plan is onlangs by Nedlac goedgekeur en het al stuk-stuk uitgelek. Verwagtinge is hoog en dele daarvan is al van alle kante af gekritiseer. Ek wil vinnig op twee vrae fokus: hoekom is die plan belangrik, en waarvoor moet jy luister om te weet of dit ʼn goeie plan is?