Rekenmeesters dink aan wins as die verskil tussen inkomste en uitgawes, maar Ekonome hou van die konsep van ekonomiese wins – dit is wanneer geleentheidskoste ook in ag geneem word. Die Wall Street Journal berig die week dat al meer maatskappye die idee van ekonomiese wins as ʼn doelwit stel in hulle aansporingskemas.