Listen

Description

Die afgelope week het Eskom hoof Andre de Ruyter ons laat skrik toe hy by geleentheid gepraat het van fase-15 beurtkrag. Ek het gedink alles eindig by fase-8. Die besonderhede is dat dit gegaan het oor wat sal gebeur wanneer Eskom die steenkoolkragstasies moet afskakel wat tans nie aan besoedelingsvoorskrifte voldoen nie. As daar reeds beurtkrag is voel meeste van ons sekerlik dat daardie stasies maar moet loop en ons sal later oor skoon lug bekommerd wees. Mens verstaan die noodsaak van elektrisiteitsvoorsiening en beskerming van werke, maar ons moet nie dink dit is sonder koste nie.

* Die Ekonomie Minuut word ondersteun deur die NWU Sakeskool.