Listen

Description

Die vervaardigingsektor het al voor die Covid-19 pandemie ingekrimp en is toe swaar getref deur die inperking. Uitset het vir 18 agtereenvolgende maande van Junie 2019 tot Desember 2020 afgeneem. Ook in Januarie en Februarie-maand het die impak van die tweede golf infeksies produksie laat afneem. Maar daar is nou eindelik goeie nuus.