Hierdie week is gelaai met belangrike ekonomiese aanwysers en die Buro vir Ekonomiese Ondersoek se weeklikse nuusbrief gee ʼn goeie opsomming van wat om dop te hou. Dit sluit die VPI en PPI inflasiekoerse vir Oktobermaand in. Die inflasiesyfers is belangrik vir die Monetêre Beleidskomitee se repokoersbesluit Donderdag. Dit is nie ʼn aanwyser nie, maar die staatsamptenare wat vandag staak gaan die nuus haal. Laaste is die resultate van die vierde kwartaal opname van RMB en die Buro se Sakevertroue-indeks.
* Die Ekonomie Minuut word ondersteun deur die NWU Sakeskool.