Ekonome praat graag oor die ekonomie asof ons weet wat nou aan die gebeur is, maar baie keer is aanwysers met ʼn sloering beskikbaar en die kommentaar is baie soos om ʼn motor te bestuur terwyl jy in die truspieëltjie kyk. Hierdie week se aanwysers was mynbouproduksie in November, kleinhandelverkopesyfers in November, Desember se inflasiekoers en die derde kwartaal van verlede jaar se huishouding veerkragtigheidsindeks.