Die repokoers is op die laagste vlak in baie jare en is besig om ʼn belangrike rol te speel in die herstel van die ekonomie. Ons weet dat die lae koers verligting gegee het aan verbruikers en besighede met skuld, maar die feit dat die Reserwebank die repo vir lank laag gehou het, is nou besig om die opswaai van die ekonomie aan te help. Mike Schussler het die afgelope week verduidelik hoe dit werk.