Hierdie week is ons almal bekommerd is oor strande wat gesluit word, maar niemand weet nog wat die impak gaan wees nie. Dit is nie moeilik om af te lei dat meer mense by die huis gaan bly nie, en dat die toerismebedryf nog ʼn verdere knou gaan kry nie. Mens kan wel vra, hoe gaan dit met die verbruiker? Ons wil graag hê hulle moet uitgaan en bestee, en so die vakansieverblyf en restourante aan die gang hou, maar kan hulle?