Verlede week het die resultate van die vierde golf van die NIDS CRAM opname opslae gemaak toe daar aangekondig is dat net 71% van Suid-Afrikaners bereid is om ingeënt te word teen Covid-19. Huiwerigheid om ingeënt te word is hoër onder jong mense, vroue, en Afrikaanssprekendes. Dit is hier waar gedrags-ekonome vir ons raad kan gee oor hoe om mense te kry om die entstof te neem en Planet Money het ʼn goeie potgooi hieroor.