Verlede week het ek vertel dat voedselpryse die VPI kategorie is wat hoër as gemiddelde inflasie beleef en mens wonder hoekom. Die pryse van landbouprodukte is baie sensitief vir markkragte en oral lees mens van hoe goeie seisoen die landbou beleef – dit is skaars geraak deur die pandemie en inperking en somerreënvoorspellings lyk goed. Mens sou dink dat ʼn sterk aanbod sal pryse afdruk, maar dit gebeur nie. Ek het toe maar met Dr Jonny van der Merwe van AMT gesels en hier is wat ons dink.