Listen

Description

Mike Schussler het interessante navorsing oor die impak van die aangepaste vlak-3 inperking op die ekonomie. Hy argumenteer dat die aandklokreël, kapasiteitsbeperkings en die verbod op die verkoop van alkohol ʼn impak het op reis, toerisme, vermaak en dienste en dat dit oorspoel na landbou en vervaardiging wat hierdie segment van die ekonomie voorsien. Hy argumenteer dat die regering hier sektore moet ondersteun deur middel van verdere TERS uitbetalings, maar by Nedlac en die ANC se pas afgelope lekgotla is die boodskap dt daar nie geld is nie.