Listen

Description

Hierdie week gaan inflasie en die repokoers die ekonomiese nuus oorheers. Die Reserwebank se Monetêre Beleidskomittee vergader van Dinsdag af, Woensdag word Junie maand se verbruikers-prysinflasiesyfer bekend gemaak en Donderdag word die repokoersbesluit aangekondig. Ekonome verwag ʼn verdere styging in verbruikerprysinflasie. Dit was 5,9% in Aprilmaand, 6,5% in Meimaand en die voorspelling is dat dit bo 7% was in Junie. Dit beteken dat die Reserwebank nou streng moet optree.

* Die Ekonomie Minuut word ondersteun deur die NWU Sakeskool.