Wanneer inflasie verder gaan daal en rentekoerse weer verminder kan word is een van die groot ekonomiese vraagstukke van die nuwe jaar. More word Desembermaand se verbruikersprys inflasiesyfer bekend gemaak en dan sal ons weet wat inflasie in 2022 was. Dit het ʼn hoogtepunt gehad in Juliemaand en daarna effens afgeneem. Volgende week vergader die Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee vir die volgende repokoersbesluit. So waarna kyk beleidmakers as tekens van verlangsaming van prysstygings, of risiko’s vir verdere stygings?