Listen

Description

Hierdie week het ʼn paar belangrike plaaslike ekonomiese aanwysers, maar hoe staan sake in die buiteland? Die Buro vir Ekonomiese Ondersoek se weeklikse nuusbrief gee ʼn goeie opsomming van wat om dop te hou. Hoe dit met die Europese Unie, of Britse ekonomie gaan raak almal in bedrywe wat uitvoer – van die myne tot die voertuigvervaardigers en die boere. As dit swaar gaan met ons handelsvennote demp dit ook vooruitsigte in Suid-Afrika. Aan die ander kant sal stadiger groei van die wêreldekonomie druk op die olieprys verlig en laer rentekoers in die VSA die rand-dollar wisselkoers versterk.

* DIe Ekonomie Minuut word ondersteun deur die NWU Sakeskool.