Die woord inflasie word nou so algemeen in die media gebruik soos Covid, of Oekraine. In die Verenigde Koninkryk doen meer mense Google soektogte oor inflasie as oor Taylor Swift. Hierdie week het Suid-Afrika se inflasiesyfer ons almal verbaas op 6,5%. Ekonome by Oxford Economics, FNB en Nedbank verwag dat die inflasiekoers bo 7% kan draai in Juniemaand. Ander voorspel dat die repokoers op 7,5% kan staan binne ʼn jaar. Ek het al baie verduidelik hoe die Reserwebank die repokoers gebruik om inflasie te beveg, maar is daar ander maniere om inflasie te verminder?
* Die Ekonomie Minuut word ondersteun deur die NWU Sakeskool.