Statistieke Suid-Afrika het hierdie week Juliemaand se VPI en PPI syfers bekend gemaak en en die inflasiekoerse was selfs hoër as wat almal verwag het. Verbruikersprysinflasie het in Juliemaand met 7,8% gestyg op ʼn jaar-op-jaar grondslag en produsenteprysinflasie met 18%. In albei gevalle was die groot drywers stygings in die pryse van voedsel en energie. Of Juliemaand die draaipunt gaan wees is moeilik om te sê.
* Die Ekonomie Minuut word ondersteun deur die NWU Sakeskool.