Aan die einde van Aprilmaand is die spesiale Covid verligtingstoelaag van R350 per maand vir die laaste keer betaal aan 6,9 miljoen werklose volwassenes. Die verwagting van die #PayTheGrants veldtog was dat die regering nou ʼn basiese inkomste toelaag gaan instel. Daar is verskeie argumente daarvoor, en een groot een daarteen.