Verbruiksbesteding is ʼn belangrike deel van die totale besteding in die ekonomie. As dit goed gaan met verbruikers gaan dit goed met die ekonomie en andersom. Vandag word Septembermaand se kleinhandel verkopesyfers bekend gemaak. Daar word ʼn inkrimping verwag. Aan die een kant omdat beurtkrag dit vir kleinhandelaars moeilik en duur maak om die winkeldeur oop te hou en aan die ander kant omdat verbruikers onder druk is.
* Die Ekonomie Minuut word ondersteun deur die NWU Sakeskool.