Statistieke Suid-Afrika het gister die tweede kwartaal se Bruto Binnelandse Produk syfer bekend gemaak en die ekonomie het ingekrimp met 0,7%. Ekonome sĂȘ altyd hulle is nie verras nie, maar hierdie keer het werklik almal die inkrimping verwag. Die vervaardigingsektor, mynbou en landbou het ingekrimp, onder andere as gevolg van die vloede in KwaZulu-Natal, beurtkrag en bek-en-klouseer. Maar dit is nou geskiedenis. Die vraag is nou hoe lyk die ekonomiese vooruitsigte vir die res van die jaar.
* Die Ekonomie Minuut word ondersteun deur die NWU Sakeskool.