Met baie van die dinge in die nuus, soos President Trump se tariewe of die moontlikheid van ʼn resessie in die VSA, kan die impak op Suid-Afrika maklik genoeg verduidelik word met die logika van ekonomiese teorieë. Om iets te kan sê oor die omvang van die impak het jy egter ʼn simulasiemodel nodig. Dit is dan lekker wanneer die Reserwebank die resultate van hulle modellering van verskillende scenario’s met ons deel, soos in die Monetêre beleidsoorsig.
Hierdie episode word ondersteun deur Codera Analytics.